Veldsampioen Kampernoelie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. campestris
|
Binomiale naam | |
Agaricus campestris L. (1753)
|
Die veldsampioen of kampernoelie (Agaricus campestris) is 'n eetbare en in Suid-Afrika lokaal algemene swamspesie.[1] Dit is een van die kleiner Agaricus-spesies, en is naverwant aan die gekweekte sampioen. Die Latynse spesienaam campestris beteken "van die velde". In Engels staan dit onder meer as die field mushroom (Engeland), meadow mushroom (Amerika), of pink bottom[2] bekend.