Blade Runner | |
---|---|
Regisseur | Ridley Scott |
Vervaardiger | Michael Deeley |
Draaiboek | Draaiboek: Hampton Fancher David Peoples Roman: Philip K. Dick |
Met | Harrison Ford Rutger Hauer Sean Young Edward James Olmos |
Musiek deur | Vangelis |
Kinematografie | Jordan Cronenweth |
Redigeerder | Terry Rawlings Marsha Nakashima |
Verspreider | Warner Bros. |
Uitgereik | 25 Junie 1982 |
Speeltyd | 117 min |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Begroting | VS$ 28 miljoen |
Bruto wins | VS$ 33,8 miljoen |
Opgevolg deur | Blade Runner 2049 |
IMDb-profiel |
Blade Runner is 'n Amerikaanse tech noir-wetenskapsfiksie-rolprent onder regie van Ridley Scott wat in 1982 vrygestel is en waarin Harrison Ford, Rutger Hauer, Sean Young en Edward James Olmos die hoofrolle vertolk het.[1] Die draaiboek, wat deur Hampton Fancher en David Peoples geskryf is, baseer op Philip K. Dick se roman Do Androids Dream of Electric Sheep? van 1968, maar is vir die silwerdoek aangepas. Die musiekklankbaan is deur die Griekse elektronikamusikant en -komponis Vangelis gekomponeer.