Bosnies bosanski / босански | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bɔ̌sanskiː] | |
Gepraat in: | Bosnië en Herzegowina Serwië Kroasië Slowenië Noord-Masedonië Kosovo Albanië Montenegro Turkye | |
Gebied: | Balkan | |
Totale sprekers: | 1,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidwes-Slawies Serwo-Kroaties Bosnies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Bosnië en Herzegowina Montenegro (in amptelike gebruik)[2] | |
Gereguleer deur: | Instituut van Bosnies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | bs
| |
ISO 639-2: | bos
| |
ISO 639-3: | bos
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Bosniese taal (bosanski/босански; [bɔ̌sanskiː]) is een van die standaardweergawes van die Suidwes-Slawiese taalgroep Serwo-Kroaties en dus nou verwant aan Kroaties, Montenegryns en Serwies. Bosnies vorm saam met Kroaties en Serwies die amptelike tale van Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens is Bosnies in Montenegro in amptelike gebruik.
Die taal word vernaamlik deur Bosniake in Bosnië en Herzegowina gebruik. Dit is gebaseer op die westerse variant van die tokavski-dialek en gebruik oorwegend die Latynse alfabet, terwyl die Cyrilliese alfabet net selde gebruik word.
Die naam "Bosnies" is nogal omstrede, aangesien die Kroate en Serwiërs in Bosnië en Herzegowina hulle taal Kroaties en Serwies noem. Die grondwet van die Republika Srpska en die regering van ServiÎ, waar dit 'n amptelike taal is, verwys na Bosnies as: "taal gepraat deur die Bosniake" (Jezik kojim govore Bošnjaci).
Serbian, Bosnian, Albanian and Croatian shall also be in the official use.