Botswana

Republiek Botswana
Lefatshe la Botswana (Tswana)
Republic of Botswana (Engels)
Vlag van Botswana Wapen van Botswana
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pula
(Tswana vir: "Reën")
Volkslied: Fatshe leno la rona
(Tswana vir: "Geseënd is die edele land")
Ligging van Botswana
Hoofstad Gaborone

24°40′S 25°55′O / 24.667°S 25.917°O / -24.667; 25.917

Grootste stad Gaborone
Amptelike tale Tswana en Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Duma Boko
Ndaba Gaolathe
Onafhanklikheid
Betsjoeanaland
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
31 Maart 1885
30 September 1966
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
581 730[1] km2  (50ste)
224 607 myl2
2,7
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
2 450 668[1] (146ste)
2 359 609[2]
4,2 / km2 (231ste)
10,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$53,642 miljard[3] (124ste)
$19 723[3] (83ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$19,966 miljard[3] (122ste)
$7 341[3] (87ste)

MOI (2022) 0,708[4] (114de)  –  hoog
Gini (2015) 53,3[5] –  baie hoog
Geldeenheid Pula (BWP)
Tydsone
 - Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .bw
Skakelkode +267

Botswana, amptelik die Republiek Botswana (Tswana: Lefatshe la Botswana, Engels: Republic of Botswana), is ’n landingeslote land in Suider-Afrika. Die land was voorheen die Britse protektoraat Betsjoeanaland binne die Volkebond. Met onafhanklikheid op 30 September 1966 verander die land se naam na Botswana.[6] Sedertdien handhaaf Botswana ’n tradisie van ’n stabiele verteenwoordigende republiek met ’n konsekwente stelsel van ononderbroke demokratiese verkiesings[7] en die beste posisie van Afrika in die wêreldwye korrupsie-indeks sedert sowat 1998.[8] Dit is nou Afrika se oudste deurlopende demokrasie.[9]

Nasa-Satellietbeeld van Botswana
Kaart van Botswana

Botswana is ’n droë en topografies platte land, sowat 70% van sy oppervlakte word deur die Kalahariwoestyn beslaan, terwyl die noordooste deur die Okavangodelta oorheers word. Dit word deur Suid-Afrika in die suide en suidooste, Namibië in die weste en noorde, en Zimbabwe in die noordooste begrens. Die grens met Zambië in die noorde naby Kazungula is swak gedefinieer maar is hoogstens ’n paar honderd meter lank.[10] Volgens ander menings ontmoet die grense van die vier lande Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe op een enkele punt en sal vervolgens die enigste internasionale vierlandepunt wêreldwyd vorm.[11] Dié moontlike vierlandepunt is egter sonder algemene internasionale erkenning.[12][13] Hiervan hang ook die aantal buurlande van Botswana af: drie of vier. In die noorde word Botswana deur die smal Namibiese Kaprivistrook van Angola geskei.

Die eerste inwoners van die hedendaagse Botswana was sedert 25 000 v.C. die Boesmans wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. Die Bantoevolke het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uit Batswana en hul taal is Setswana, ook bekend as Tswana. Tydens die Wedloop om Afrika het die hedendaagse Botswana in 1885 ’n Britse protektoraat geword, Betsjoeanaland, om te verhoed dat die gebied by die Zuid-Afrikaansche Republiek of Duits-Suidwes-Afrika ingelyf word. Op 30 September 1966 het die land van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en sy naam na Botswana (“land van die Tswanas”) verander.[14]

Botswana is ’n middelgroot land van sowat 2,4 miljoen mense en is een van die mins bevolkte lande wêreldwyd. Sowat 10% van die bevolking bly in die hoofstad en grootste stad Gaborone. Botswana was eens een van die armste lande ter wêreld — met ’n BBP per kapita van sowat VS$70 per jaar in die laat 1960’s — maar het sedertdien homself in ’n land met ’n hoër middelinkomste met een van die wêreld se snelgroeiendste ekonomieë omgeskep.[15] Die ekonomie, nou verbonde aan dié van Suid-Afrika, word oorheers deur mynbou, beesboerdery en toerisme. Botswana spog met ’n BBP (Koopkragpariteit) per kapita van omtrent $17 500 per jaar in 2023, een van die hoogstes in Afrika.[1] Sy hoë bruto nasionale inkomste (volgens sommige ramings die vierde grootste in Afrika) gee die land ’n relatief hoë lewenstandaard en die hoogste Menslike-ontwikkelingsindeks van die vastelandse Afrika suid van die Sahara.[16]

Botswana is ’n lidland van die Afrika-unie, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Beweging van Onverbonde Lande, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Die land word erg deur die MIV/Vigs-epidemie geraak. Ten spyte van die sukses om behandelings beskikbaar te stel aan diegene wat besmet is, en om die bevolking algemeen in te lig oor hoe om die verspreiding van MIV/vigs te stop, het die aantal mense met MIV/Vigs van 290 000 in 2005 tot 320 000 in 2013 gestyg.[17] Soos in 2014 het Botswana die derde hoogste voorkomsskoers vir MIV/vigs, aangesien ongeveer 20% van die bevolking besmet is.[18] Daarbenewens sal in die nabye toekoms veral die aardverwarming en die tekort aan vars water die grootste uitdagings vir Botswana wees.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Botswana". Central Intelligence Agency. Besoek op 3 November 2024.
  2. (en) "Population and Housing Census 2022 : Population Distribution Structure and Density in Botswana" (PDF). Statistiek Botswana. Besoek op 3 November 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Botswana". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 3 November 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 3 November 2024.
  5. (en) "Gini Index – Botswana". Wêreldbank. Besoek op 3 November 2024.
  6. (en) "Bechuanaland was the former name of Botswana". generalknowledgefacts.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2018. Besoek op 20 Februarie 2018.
  7. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  8. (en) "overview of CPI indices". Transparency International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  9. (en) "BBC News | Africa | Election for Africa's oldest democracy". news.bbc.co.uk. Besoek op 19 Julie 2020.
  10. (en) Darwa, P. Opoku (2011). Kazungula Bridge Project (PDF). African Development Fund. p. Appendix IV. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 November 2012. Besoek op 4 Mei 2012.
  11. (en) "Location". Botswana Tourism. 19 Maart 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  12. (en) Brownlie; Burns, Ian R., Ian (1979). "Botswana-Zambia (Quadripoint issue)". African Boundaries: A Legal and Diplomatic Encyclopaedia. Londen: C. Hurst & Co. pp. 1098–1108. ISBN 0-903983-87-7.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  13. (en) Akweenda, Sackey (23 April 1997). "VI: Quadripoint Theory". International Law and the Protection of Namibia’s Territorial Integrity. Nederland: Martinus Nijhoff. pp. 201–3. ISBN 90-411-0412-7.
  14. (en) "Botswana profile". BBC News. 19 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  15. (en) Maundeni, Zibani; Mpabanga, Dorothy; Mfundisi, Adam (1 Januarie 2007). "Consolidating Democratic Governance in Southern Africa : Botswana". Africa Portal. Besoek op 19 Julie 2020.
  16. (en) "Gross national income (GNI) – Nations Online Project". Nationsonline.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 19 Julie 2020.
  17. (en) "The Gap Report" (PDF). Geneva: UN AIDS. 2014. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2019. Besoek op 19 Julie 2020.
  18. (en) "HIV and Aids in Botswana". Avert International Aids Charity. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 19 Julie 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne