| |||||
Nasionale leuse: Libertad y Orden (Spaans vir: "Vryheid en Orde") | |||||
Volkslied: ¡Oh, Gloria Inmarcesible! (Spaans vir: "O onvervulde glorie") | |||||
Hoofstad | Bogotá | ||||
Grootste stad | Bogotá | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Gustavo Petro Francia Márquez | ||||
Onafhanklikheid | van Spanje 20 Julie 1810 7 Augustus 1819 1886 1903 4 Julie 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 141 748 km2 (25ste) 440 831 myl2 2,1 (2015)[1] | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2005-sensus - Digtheid |
50 372 424[2] (28ste) 42 888 592[3] 42,23 / km2 (173ste) 109,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,767[5] (83ste) – hoog | ||||
Gini (2020) | 54,2[6] – hoog | ||||
Geldeenheid | Peso (COP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
COT (UTC-5) nie toegepas nie (UTC-5) | ||||
Internet-TLD | .co | ||||
Skakelkode | +57 |
Colombia of Colombië (Spaans: Colombia, [koˈlombja], ), amptelik die Republiek Colombia (Spaans: República de Colombia, ), is 'n land wat hoofsaaklik in die noordweste van Suid-Amerika lê, maar ook oor eilande in Noord-Amerika beskik (transkontinentale land). Dit grens in die noorde aan die Karibiese See, in die ooste aan Venezuela, in die suidooste aan Brasilië, in die suide aan Peru en Ecuador, en in die weste aan Panama en die Stille Oseaan.[7] Colombia is die enigste Suid-Amerikaanse land wat aan beide die Karibiese See en die Stille Oseaan grens.
Colombia beslaan 'n oppervlakte van 1 141 748 km² en het 'n bevolking van 50 372 424 in 2020 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Bogotá. Colombia is na Christophorus Columbus, wat die Amerikas in 1492 vir Europa ontdek het, genoem.[8]
Colombia het 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n belangrike dienste-komponent. Die ekonomiese produksie van die land word oorheers deur die binnelandse vraag, en uitgawes vir huishoudelike verbruik is die grootste komponent van die BBP. Die BBP volgens koopkragpariteit was 827,662 miljoen dollar in 2018. Die Colombiaanse menslike ontwikkelingsindeks is 0,761 en die lewensverwagting by geboorte is 77,1 jaar. Colombia is deel van die CIVETS-groep wat as die ses belangrikste ontluikende markte beskou word. Dit is 'n lid van die Verenigde Nasies, Organisasie van Amerikaanse Lande, Wêreldhandelsorganisasie, Pasifiese Alliansie, UNASUR en ander internasionale organisasies. Dit is ook die enigste Latyns-Amerikaanse land wat 'n wêreldwye vennoot van NAVO is. Dit is die land met die tweede hoogste ongelykheidsindeks in Latyns-Amerika, na Brasilië, en gelykstaande aan Panama, volgens die Wêreldbank-databasis. Colombia beskik oor groot ekonomiese groeipotensiaal indien dié land sy binnelandse konflik kan beëindig.