Dinamiet

Voorstelling van dinamietgebruik
Sommige van die nitrogliserien dinamiet wat weggesteek is deur vlugteling Eric Rudolph en deur die FBI en ander owerhede opgespoor is in April 2005.
Fordyn-dinamiet, 75x500mm 3100g met 'n nonel-slagdoppie in die veld.

Dinamiet is 'n plofstof wat saamgestel word deur die hoogs plofbare nitrogliserien te meng met diatoomaarde (Kieselguhr) as absorbant. Dit is in 1866 deur die Sweedse chemikus en ingenieur Alfred Nobel uitgevind en in 1867 gepantenteer. Dit word gewoonlik in die vorm van kerse verskaf wat ongeveer 20 cm lank en 2.5 cm in deursnee is (ander groottes is egter ook beskikbaar).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne