Ettringiet | |
---|---|
![]() | |
Formule | Ca6Al2(SO4)4(OH)12·26H2O |
Kleur | kleurloos, geel, groen |
Streep | wit |
Glans | glasagtig |
Hardheid | 2 - 2,5 (Mohs) |
Kristalsisteem | trigonaal |
Ruimtegroep | P31c |
Eenheidsel | a = 11.23 Å, c = 21.44 Å |
![]() | |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Ettringiet is 'n mineraal met formule Ca6Al2(SO4)4(OH)12·26H2O.
Dié mineraal los maklik in verdunde suur op en ontbind gedeeltelik in water, wat 'n basiese oplossing gee. Dit word naby die Bellerberg-vulkaan in Ettringen in die Duitse Eifel in holtes in metamorfiese kalksteeninsluitings in leusiet-nefelien-tefriet-gesteente aangetref. As sintetiese fase word dit maklik in beton gevorm. [1]
Naby Kuruman in Suid-Afrika word dit in die dorp se mangaanmyn volop aangetref. Die stof reageer ook stadig met die koolstofdioksied in die lug.[2]
Ettringiet kan ook gevorm word indien mynwater gesuiwer word deur byvoeging van vliegas. Navorsing deur Madzivire het vliegas van die Hendrina steenkoolkragstasie en die mynwater van die Middelburg steenkoolmyn saamgevoeg om die sulfaatgehalte van die water tot 500 dpm terug te bring. Daarby het ettringiet gevorm.[3]