Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Italië |
Administratiewe gewes | Toskane |
Koördinate | 43°46′N 11°15′O / 43.767°N 11.250°O |
Gestig op | 59 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 102,41 vk km |
Hoogte bo seevlak | 50 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 382 258 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 732,6vk/km |
- Metropolitaanse gebied | 1 500 000 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Dario Nardella (PD) |
Amptelike webwerf | comune.firenze.it |
Florence (Italiaans: Firenze) is 'n stad in Italië, die hoofstad van die streek Toskane, en die provinsie Florence. Die stad het omtrent 382 000 inwoners en is aan die Arno-rivier geleë. Dit is die bakermat van die renaissance en hiermee een van die bekendste kultuurstede in Europa. Die historiese sentrum van Florence is in 1982 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.