| |||||
Nasionale leuse: Union, Travail, Justice (Frans vir: "Unie, Arbeid, Geregtigheid") | |||||
Volkslied: La Concorde (Frans vir: "Die konkord") | |||||
Hoofstad | Libreville | ||||
Grootste stad | Libreville | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Unitêre dominante party presidensiële republiek onder 'n militêre junta Brice Oligui vakante pos Raymond Ndong Sima | ||||
Onafhanklikheid | 28 November 1958 17 Augustus 1960 11 Januarie 2018 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
267 667 km2 (76ste) 103 347 myl2 3,76 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
2 340 613[1] (146ste) 7,9 / km2 (216de) 20,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,706[3] (112de) – hoog | ||||
Gini (2017) | 38[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .ga | ||||
Skakelkode | +241 |
Gaboen (Frans: Gabon, [ɡabɔ̃]), amptelik die Gaboenese Republiek (République gabonaise), is 'n land aan die weskus van Sentraal-Afrika. Dit word deur Kameroen, Republiek van die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee begrens. Gaboen beslaan 'n oppervlakte van 267 667 km² en het 'n bevolking van 2 340 613 in 2022 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Libreville.
Gaboen is deur outokratiese presidente regeer sedert sy onafhanklikheid op 17 Augustus 1960 en het in 1990 met politiese hervormings begin. Oorvloedige ruolie en buitelandse private beleggings het gehelp om van Gaboen een van die voorspoedigste lande in Afrika suid van die Sahara te maak. Sedert 2022 is Gaboen naas Mosambiek, Rwanda en Togo die enigste lidland van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie.[5]