Generasie (deeltjiefisika)

Generasies van materie
Tipe Eerste Tweede Derde
Kwarke
op-tipe op sjarme bo
af-tipe af vreemd onder
Leptone
gelaai elektron muon tau
neutraal elektron-neutrino muon-neutrino tau-neutrino

In deeltjiefisika is ’n generasie (of familie) ’n afdeling van die elementêre deeltjies. Deeltjies verskil van generasie tot generasie wat hul aroma-kwantumgetal en massa betref, maar hul interaksies is dieselfde.

Daar is volgens die Standaardmodel van deeltjiefisika drie generasies. Elk is verdeel in twee leptone en twee kwarke. Die twee leptone kan geklassifiseer word in een met ’n elektriese lading van −1 (elektron) en een neutraal (neutrino); die twee kwarke kan geklassifiseer word in een met ’n lading van −13 (af-tipe) en een met ’n lading van +23 (op-tipe).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne