Deel van 'n reeks oor |
Genetika |
---|
Inleiding tot die genetika |
Geneties gemanipuleerde organismes |
Geskiedenis en regulering |
Prosese |
|
Toepassings |
Twispunte |
’n Haplotipe is ’n groep gene in ’n organisme wat saam van ’n enkele ouer oorgeërf word,[1][2] en ’n haplogroep (haploïed, van die Grieks ἁπλούς, haploûs, "eenvoudig") is ’n groep ooreenstemmende haplotipes wat van ’n gemeenskaplike voorouer af kom deur ’n enkelnukleotiedpolimorfisme-mutasie.[3][4]
’n Haplogroep is meer spesifiek ’n kombinasie van allele by verskillende chromosoomstreke wat nou verbind is en wat gewoonlik saam oorgeërf word. Dit bestaan uit soortgelyke haplotipes en dit is gewoonlik moontlik om ’n haplogroep uit haplotipes te voorspel. Haplogroepe het betrekking op ’n enkele afstammingslyn, wat gewoonlik duisende jare terugstrek.[5] Daarom hang lidmaatskap van ’n haplogroep, deur enige individu, af van ’n relatief klein deel van die genetiese materiaal wat daardie individu besit.
Haplogroepe word gewoonlik geïdentifiseer met ’n aanvanklike letter van die alfabet, en verfynings bestaan uit ’n bykomende syfer-of-letterkombinasie, soos A → A1 → A1a.
In menslike genetika is die haplogroepe wat die meeste bestudeer word Y-chromosoom (Y-DNA)-haplogroepe en mitochondriale DNS (mtDNA)-haplogroepe, wat albei gebruik kan word om genetiese bevolkings te definieer. Y-DNS word net met die vaderlike lyn langs oorgedra, van pa aan seun, terwyl mtDNA met die moederlike lyn oorgedra word, van die ma aan kinders van albei geslagte. Nie een van die twee herbind nie, en dus verander Y-DNA en mtDNA net deur toevallige mutasies in elke generasie, sonder dat daar ’n vermenging tussen die twee ouers se genetiese materiaal is.