Hebreeuse alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad vir Hebreeus Alfabet vir Jiddisj | |||
Tyd gebruik | 3de eeu v.C. - hede | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Hebreeus, Jiddisj e.a. | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
Susterstelsels | ||||
Dogterstelsels | Jiddisj | |||
ISO 15924 | Hebr, 125 | |||
Unicode | Hebrew, U+0590 tot U+05FF, U+FB1D tot U+FB4F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Hebreeuse alfabet (Hebreeus: אָלֶף־בֵּית עִבְרִי, Alephbet 'Ivri) is die skryfstelsel van Hebreeus asook ander tale soos Jiddisj. Daar is twee vorms van die skrif in gebruik, die Oud-Hebreeuse alfabet, wat in ’n veranderde vorm grootliks behoue gebly het in die Samaritaanse alfabet, en die huidige, "vierkantige" vorm wat van die Aramese alfabet afgelei is. Daar is tans verskeie style of fonts beskikbaar asook ’n kursiewe skrif, wat ook verskil volgens tyd en plek.
Die Hebreeuse alfabet het 22 letters; vyf het ander vorms as hulle aan die einde van ’n woord gebruik word. Dit word van regs na links geskryf. Dit was oorspronklik ’n abjad, ’n skryfstelsel wat net uit konsonante bestaan. Soos met ander abjads, byvoorbeeld Arabies, is metodes later geskep om klinkers aan te dui. Wanneer Jiddisj geskryf word, is die skrif ’n volwaardige alfabet met konsonante en klinkers, behalwe vir Hebreeuse leenwoorde.
Voor die aanvaarding van die huidige skrif is Hebreeus in die Oud-Hebreeuse alfabet geskryf deur die Israeliete, beide Jode en Samaritane. In die 3de eeu v.C. het die Jode begin om ’n gestileerde vorm van die Aramese alfabet te gebruik,[1] terwyl die Samaritane ’n vorm van die ou alfabet bekend as die Samaritaanse alfabet bly gebruik het.