Hemichordata | |
---|---|
Eikelwurms | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | Hemichordata
|
Klasse | |
|
Die Hemichordata is 'n klein dierefilum binne die Deuterostomia. Hulle is verwantes van die Chordata. DNS-navorsing wys nogtans uit dat hulle dalk nouer aan die Echinodermata verwant is.
Deuterostomia |
| ||||||||||||
Die Hemichordata het 'n kermerkende liggaamsindeling in drie dele: 'n voorste lob, 'n kraag en 'n romp. Van hierdie spesies het kenmerke wat ook by rugstringdiere aangetref word soos kieusplete en 'n stomochord in die kraag wat soos die notochord (rugstring) lyk. Nie alle spesies het nogtans hierdie kenmerke nie.
Vandag is daar net 'n paar honderd spesies, wat in see voorkom. Die Hemichordata kan in drie klasse verdeel word:
Die eikelwurms het talle kieu-openings. Hulle graaf hulle in in die sediment met hul voorste lob, wat soos 'n slurp lyk. Die meeste is klein, maar van hulle kan 2,5 m lank word.
Daar is net ongeveer 20 lewende Pterobranchia, wat baie van die eikelwurms verskil. Hulle vorm kolonies van indiwiduele soöiede wat dikwels net 1 mm lank word en in netwerk van buise woon, die coenecium. Die voorste lob is nie 'n verlengde slurp nie, maar is skildvormig. Daar word gedink dat hulle die naaste verwante van die graptoliete is, wat ook kolonies gevorm het, maar vry in of op die water gedryf het.[1]