| |||||
Nasionale leuse: (tr.: Cheate Sasanea Preahmhaksaat) (Khmer vir: "Nasie, godsdiens, koning") | |||||
Volkslied: បទនគររាជ (tr.: Nokor Reach) (Khmer vir: "Majestueuse koninkryk") | |||||
Hoofstad | Phnom Penh | ||||
Grootste stad | Phnom Penh | ||||
Amptelike tale | Khmer | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Norodom Sihamoni Hun Manet (CPP) | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Koninkryk Funan • Koninkryk Chenla • Khmer-ryk • Middel-tydperk • Franse kolonisasie • Onafhanklikheid • Monargie herstel |
68–550 550–802 802–1431 1431–1863 11 Augustus 1863 9 November 1953 24 September 1993 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
181 035[1] km2 (90ste) 69 898 myl2 2,5 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
16 891 245[1] (72ste) 13 395 682[2] 94,4 / km2 (118de) 244,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,593[4] (146ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Riel1 (KHR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
ICT (UTC+7) nie toegepas nie (UTC+7) | ||||
Internet-TLD | .kh | ||||
Skakelkode | +855 | ||||
1. Die Amerikaanse dollar word dikwels ook gebruik.[5] |
Kambodja, amptelik die Koninkryk Kambodja (Khmer: , prĕəh riəciənaacak kampuciə, [prĕəh riə.ciə.naː.caʔ kam.pu.ciə]), ook Kampuchea (កម្ពុជា, [kam.pu.ciə]), is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 181 035 km² en 'n bevolking van sowat 16,9 miljoen. Kambodja is die opvolgerstaat van die eens magtige Hindoe- en Boeddhistiese Khmer-ryk, wat oor die grootste deel van die Indo-Chinese Skiereiland regeer het tussen die 11de en 14de eeue.
'n Burger van Kambodja word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Kambodjaan" of "Khmer", wat streng gesproke slegs na etniese Khmere verwys. Meeste Kambodjane is Theravada-Boeddhiste van Khmer-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal oorwegend Islamitiese Cham, sowel as klein heuwelstamme. Die hoofstad en grootste stad van Kambodja is Phnom Penh.
Kambodja grens aan Thailand in die weste en noordweste, Laos in die noordooste en Viëtnam in die ooste en suidooste. In die suide word dit begrens deur die Golf van Thailand en 'n klein stukkie langs die Suid-Chinese See. Die geografie van Kambodja word oorheers deur die Mekongrivier (in die volksmond in Khmer: Tonle Thom of "die groot rivier") en die Tonlé Sap ("die varswaterrivier"), 'n belangrike visbron. Die land se lae ligging beteken dat groot dele van die land byna op of onder seevlak is en lei daartoe dat die hoofwaterbron van die Mekong se vloei in die reënseisoen omkeer en in die naburige Tonle Saprivier invloei.
Kambodja se hoofnywerhede is die tekstielbedryf en toerisme. In 2007 het die getal buitelandse toeriste die viermiljoenvlak verbygesteek.[6] In 2005 is ruolie- en aardgasneerslae onder Kambodja se gebiedswater ontdek en daar word gemeen dat wanneer kommersiële ontginning in 2009 of 2010 begin, dit 'n groot impak op die land se ekonomie sal hê.[7] Kambodja is 'n lidland van die streekorganisasie ASEAN.