Karnalliet | |
---|---|
![]() | |
Formule | KMgCl3.6H2O |
Onsuiwerhede | Br, Rb, Cs, Tl, Fe |
Nickel-Strunz (10) | 3.BA.10 |
Kleur | kleurloos, wit, geel, rooierig[1] |
Streep | wit[1] |
Glans | vettig [1] |
Hardheid | 2,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 1,602 g/cm3[1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+)[1] |
RI-waardes | n = 1.465-1.466; n = 1.474-1.475; n = 1.494-1.496;[1] |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | ortorombies |
Ruimtegroep | P2/n2₁/n2/a |
Nommer | 52 |
Eenheidsel | a = 16,119(3) Å; b = 22,472(4) Å; c = 9,551(2) Å; |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Karnalliet is 'n mineraal met algemene samestelling KMg(H2O)6Cl3.
Hierdie sout word veral in die boonste lae van mariene soutneerslae aangetref. Dit is 'n evaporiet. Die sout is 'n belangrike bron van kalium wat vir die vervaardiging van kunsmis aangewend word. Daar is vondsplekke in Duitsland, Spanje, Tunisië en die suidweste van die VSA. Die stof is higroskopies en kristalle vervloei deur die lug se vog. Dit het 'n bitter smaak.[2] Die mineraal word ook gebruik om via elektrolise magnesium te vervaardig. In die afval van hierdie proses is egter nog heelparty kalium aanwesig. Dit kan met bronne van P en N gemeng word om 'n waardevolle kunsmisstof te verkry.[3]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)