| |||||
Nasionale leuse: Harambee (Swahili) Let us all pull together (Engels) (Afrikaans: "Laat ons saam werk") | |||||
Volkslied: Ee Mungu Nguvu Yetu (Swahili) O God of all creation (Engels) (Afrikaans: "O God van die hele skepping") | |||||
Hoofstad | Nairobi | ||||
Grootste stad | Nairobi | ||||
Amptelike tale | Engels en Swahili | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek William Ruto Kithure Kindiki | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Sultanaat Kilwa • Omaanse beheer • Dominium • Republiek • Huidige grondwet |
957–1513 1698–1887 12 Desember 1963 12 Desember 1964 27 Desember 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
580 367[1] km2 (51ste) 224 081 myl2 2,3 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2019-sensus - Digtheid |
58 246 378[1] (26ste) 47 564 296[2] 100,4 / km2 (124ste) 259,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,601[4] (146ste) – medium | ||||
Gini (2021) | 38,7[5](48ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Sjieling (KES )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ke | ||||
Skakelkode | +254 |
Kenia (Engels en Swahili: Kenya, [ˈkɛɲa], ), amptelik die Republiek Kenia (Engels: Republic of Kenya, Swahili: Jamhuri ya Kenya), is 'n land in Afrika en 'n stigterslid van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap (OAG). Die hoofstad en grootste stad is Nairobi. Kenia se gebied lê aan die ewenaar en strek oor die Oos-Afrikarif wat 'n diverse en uitgebreide terrein dek, wat rofweg vanaf die Victoriameer tot by die Turkanameer is en verder tot by die Indiese Oseaan. Dit grens aan Tanzanië in die suide, Uganda in die weste, Suid-Soedan in die noordweste, Ethiopië in die noorde en Somalië in die noordooste. Kenia se grondgebied beslaan 580 367 vierkante kilometer en het in 2024 'n bevolking van sowat 58 miljoen mense gehad.[1]
Die Groot Mere van Afrika-streek, waarvan Kenia 'n deel is, is reeds sedert die Laer Paleolitiese-periode deur mense bewoon. Teen die eerste millennium n.C. het die Bantoe-uitbreiding die gebied van Sentraal-Wes-Afrika bereik. Die grense van die moderne land het bestaan uit die kruispaaie van die Niger-Kongo, Nilo-Sahara en die Afro-Asiatiese gebiede van die vasteland, wat meeste van die etnies-talige groepe in Afrika verteenwoordig het. Die Bantoevolke en Nilotiese volke het saam sowat 97% van die gebied se bevolking verteenwoordig.[6] Die Europese en Arabiese teenwoordigheid in die kusgebied van Mombasa dateer terug na die Vroeë Moderne-periode. Die Europese verkenning van die binneland het in die 19de eeu begin. Die Britse Ryk het die Oos-Afrika-Protektoraat in 1895 gestig, wat in 1920 die begin was van die Kolonie Kenia. Kenia het in Desember 1963 sy onafhanklikheid verkry. Ná 'n referendum in Augustus 2010 aanvaar die land sy nuwe grondwet. Kenia is deesdae verdeel in 47 semi-selfregerende gebiede wat deur verkose goewerneurs bestuur word.
Die hoofstad Nairobi is 'n streeks-kommersiële spilpunt.[7][8] Landbou is 'n belangrike werkskepper. Die land se belangrikste, tradisionele uitvoerprodukte is tee en koffie, maar het onlangs begin om vars blomme na Europa uit te voer.