Kokospalm

Kokospalm
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Arecales
Familie: Arecaceae
Genus: Cocos
Spesie:
C. nucifera
Binomiale naam
Cocos nucifera
L., (1753)
Sinonieme

Sien teks.

Die kokospalm of klapperboom (Cocos nucifera) hoort tot die palmfamilie (Palmae of Arecaceae). Dit is die enigste spesie in die genus Cocos, 'n sogenaamde monotipiese geslag.

Die endokarp van die vrug, met die kiemopening, lyk soos die gesig van 'n aap, wat in Portugees "coco" genoem word. Die palm kan tot 30 m hoog word en het 4–6 m lange blare. Die ou blare val af, maar die bladvoete bly sit en vorm so die stam. Die stam is 'n skynstam, omdat dit nie op die gewone wyse gevorm word soos by 'n boom nie, maar deur die opstapeling van die bladvoete.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne