Kongo-krisis | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Koue Oorlog | |||||||
Belgiese valskermsoldate in aksie in die Kongo tydens Operasie Dragon Rouge in 1964 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
1960–63: Republiek van die Kongo Ondersteun deur: Ondersteun deur: |
1960–63: 1960–62: Ondersteun deur: Ondersteun deur: | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Joseph Kasa-Vubu Patrice Lumumba (†) Joseph Kasa-Vubu |
Moise Tshombe Albert Kalonji | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
Totaal dood: ca. 100 000 (skatting)[4] |
Die Kongo-krisis (Frans: Crise congolaise) was 'n tydperk van politieke opstande en konflik in die Republiek van die Kongo (vandag die Demokratiese Republiek van die Kongo) tussen 1960 tot 1965. Die geweld het byna onmiddellik begin nadat België onafhanklikeid aan die kolonie toegestaan het, en het nie-amptelik, vir die hele land onder die bewind van Joseph-Désiré Mobutu (Mobutu Sese Seko) tot 'n einde gekom. Met die gevolg van 'n reeks burgeroorloë was die Kongo ook 'n gevolmagtigde oorlog in die Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika wat die opponerende faksies in die konflikte gesteun het. Nagenoeg 100 000 mense is gedurende die krisis dood.
Dit was die eise van 'n bevrydingsbeweging in die Belgiese Kongo wat gelei het tot onafhanklikheid op 30 Junie 1960. Daar was min voorbereidings hiervoor getref en talle kwessies soos federalisme, en die etniese kwessie is nie vooraf aangespreek nie. Sommer in die eerste week van Julie muit die leër en geweld bars los tussen swart en wit burgerlikes. België stuur troepe in om die vlugtende wittes te beskerm, en twee gebiede in die land, Katanga en Suid-Kasai, skei, met die hulp van die Belge, af. Te midde van die voortslepende onrus en geweld, ontplooi die Verenigde Nasies 'n vredesmag, maar die VN se sekretaris-generaal, Dag Hammarskjöld weier om die troepe te gebruik om die sentrale regering in Léopoldville (vandag Kinshasa) te help teen die afskeidingsgesindes. Die eerste minister Patrice Lumumba, die charismatiese leier van die grootste nasionalistiese faksie, het hulp by die Sowjetunie gaan vra wat dadelik militêre raadgewers en ander hulp gestuur het.
Die Sowjetunie se betrokkenheid lei tot 'n dooiepunt tussen Lumumba en die president, Joseph Kasa-Vubu. Mobutu Sese Seko, in beheer van die leër, breek die dooiepunt met 'n staatsgreep, skop die Sowjet raadgewers uit die land, en stel 'n nuwe regering onder sy beheer aan. Lumumba word aangehou en in 1961 tereggestel. 'n Opponerende regering, wat deur Antoine Gizenga en Lumumba se ondersteuners in die oostelike stad van Staneyville (vandag Kisangani) gevorm word, ontvang steun uit die Sowjetunie, maar word in 1962 omver gewerp. Intussen neem die VN 'n meer aggressiewe houding in met Hammarskjöld se dood in 'n vliegvoorval in laat 1961. Gerugsteun deur VN-troepe, slaag Léopoldville aan die begin van 1963 daarin om die afstigters in Katanga en Suid-Kasai te verslaan.
Met dié twee rebelse streke weer onder die regering se beheer, word daar 'n versoenende rigting ingeslaan en die uitgeweke Katangese leier, Moise Tshmbe word as tussentydse administrateur aangestel terwyl 'n nuwe verkiesing uitgeroep word. Voor dit gebeur kom 'n Maoïstiese rebelle-organisasie wat hulself die "Simbas" noem in die ooste van die land in opstand. Die Simbas neem beheer oor van 'n groot deel van die gebied en verklaar 'n kommunistiese "Volksrepubliek van die Kongo" in Stanleyville. Regeringstroepe herower die gebied weer stelselmatig, en in November 1964 raak die VN en België militêr by die krisis betrokke om gyselaars uit die hande van die Simbas te red. Die Simbas word verslaan, maar met die daaropvolgende verkiesings in Maart 1965, ontstaan daar 'n nuwe politieke dooiepunt tussen Tshombe en Kasa-Vubu wat die regering byna totaal lamlê. Mobutu voer in November 1965 sy tweede staatsgreep uit en neem persoonlik beheer oor. Onder Mobutu se beheer word die Kongo (in 1971 herdoop na Zaïre) 'n diktatorskap wat aangaan tot sy bewind in 1997 omver gewerp word.