Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
’n Kwesbare spesie is ’n spesie wat op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, aangedui word as waarskynlik om uit te sterf tensy die omstandighede verbeter wat sy voortbestaan en voortplanting bedreig. Daar is tans 4 728 diere en 4 914 plante wat as "Kwesbaar" geklassifiseer is, in vergelyking met 1998 se syfers van 2 815 en 3 222 onderskeidelik.[1]
Kwesbaarheid word gewoonlik veroorsaak deur die verlies of vernietiging van die spesie se habitat. So ’n spesie is nie bedreig of kritiek bedreig nie, maar uitwissing staar dit op medium termyn in die gesig.