Makromolekuul

Makromolekule is baie groot molekule, wat 'n groot molêre massa besit.

Hulle is dikwels organiese molekule, maar daar is ook stowwe soos silikagel wat op silikon gebaseer is.

Makromolekule kan polimere wees, wat uit 'n herhaling van een monomeer opgebou is. 'n Voorbeeld hiervan is poliëtileen wat uit eteen-monomere is opgebou. Soms is die molekuul 'n ko-polimeer wat meer as een soort monomeer bevat

Daar is egter ook nie-polimere makromolekule wat uit verskeie verskillende blokke opgebou is. 'n Voorbeeld hiervan is die blok-polimere waarin stukke van die een polimeer afwissel met stukke van die ander. [1]Makromolekule kan ook op een bepaalde manier uit 'n groot aantal kleiner eenhede van verskeie soorte opgebou is. Dit is die geval met proteïne wat op een spesifieke manier uit 'n twintigtal aminosure opgebou is.

  1. Encyclopedic Dictionary of Polymers, Deel 1, Springer reference, Jan W. Gooch, Springer Science & Business Media, 2010, ISBN 1441962468, ISBN 9781441962461, bls. 1004

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne