| |||||
Nasionale leuse: Unity and Freedom[1] (Engels vir: "Eenheid en Vryheid") | |||||
Volkslied: Mulungu dalitsa Malaŵi[2] (Chichewa vir: "O God seën ons land Malawi") | |||||
Hoofstad | Lilongwe | ||||
Grootste stad | Lilongwe | ||||
Amptelike tale | Engels[3] • Chichewa (omgangstaal)[4] | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Lazarus Chakwera Michael Usi | ||||
Onafhanklikheid | 6 Julie 1964 6 Julie 1966 18 Mei 1994 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
118 484[5] km2 (100ste) 45 747 myl2 20,6 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2018-sensus - Digtheid |
21 279 597[5] (62ste) 17 563 749[6] 153,1 / km2 (56ste) 396,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,512[8] (169ste) – laag | ||||
Gini (2019) | 38,5[9] – medium | ||||
Geldeenheid | Kwacha (D) (MWK )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .mw | ||||
Skakelkode | +265 |
Malawi (Engels: [məˈlɔːwi], [məˈlɑːwi] of [ˈmæləwi]; Chichewa: Malaŵi, [maláβi] of [maláwi][10]), amptelik die Republiek Malawi (Engels: Republic of Malawi; Chitumbuka: Charu cha Malaŵi; Chichewa: Dziko la Malaŵi), voorheen bekend as Njassaland, is ’n republiek in Suidoos-Afrika wat heeltemal deur land omring word. Teen 118 484 km² is dit een van die kleinste lande in Afrika, maar dit het ’n verskeidenheid landskappe en ’n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog. Sowat ’n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan; dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wêreld.
Malawi grens aan Zambië in die noordweste, Tanzanië in die noordooste en Mosambiek in die suide, suidooste en suidweste. Dit het ’n geraamde bevolking van 18 091 575 (2016). Sy hoofstad is Lilongwe, wat ook die grootste stad is, en die tweede grootste is Blantyre. Die naam kom uit die Maravi-taal. Die land is ook algemeen bekend as die "Warm Hart van Afrika".[11]
Migrerende Bantoevolke het die gebied omstreeks die 10de eeu betrek. In die laat 15de eeu is die Maravi-ryk gestig. Die Maravi's het later bekend gestaan as die Chewa – ’n etniese groep wat vandag steeds die meerderheidsbevolking in die land is.
In die 19de eeu het Skotse sendelinge, onder wie David Livingstone, in Malawi aangekom. Hulle was die eerste Europeërs wat die lang en moeilike tog deur die vasteland van Afrika in 1859 voltooi het. In 1891 het Brittanje die gebied gekoloniseer en in 1953 het Njassaland, ’n Britse protektoraat, ’n protektoraat binne die semi-onafhanklike Federasie van Rhodesië en Njassaland geword. Die federasie is in 1963 ontbind en in 1964 is die protektoraat oor Njassaland opgehef. Die land het onder koningin Elizabeth II onafhanklik geword en die naam is na Malawi verander. Twee jaar later het dit ’n republiek geword.
Ná Malawi se onafhanklikwording het dit ’n eenpartystaat geword met Hastings Banda as president. Hy was die lewenslange staatshoof tot in 1994, toe sy lewenslange presidentskap beëindig is nadat hy die land se eerste demokratiese verkiesing verloor het. Lazarus Chakwera is die huidige president en Malawi is nou ’n demokratiese veelpartystaat. Dit het ’n klein militêre weermag met ’n leër, vloot en lugmagvleuel. Die buitelandse beleid is pro-Westers en sluit positiewe diplomatieke betrekkinge met die meeste lande in, asook deelname aan verskeie internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, Britse Statebond en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
Malawi is een van die wêreld se swaksontwikkelde lande. Die ekonomie is afhanklik van landbou en daar is ’n groot plattelandse bevolking. Die regering leun swaar op buitelandse hulp vir ontwikkeling, hoewel dié behoefte (en die hulpaanbiedinge) sedert 2000 afneem. Sedert 2005 skenk die land aandag aan die uitbreiding van die ekonomie, die verbetering van opvoeding en gesondheidsdienste, omgewingsbewaring en om finansieel onafhanklik te word.
Die lewensverwagting in die land is laag en die babasterftesyfer hoog. MIV/vigs kom algemeen voor en dit stel groot eise aan die werkmag en die regering se uitgawes. Hoewel streekskonflik voorheen van tyd tot tyd voorgekom het, is daar sedert omstreeks 2008 ’n groeiende gevoel van ’n Malawi-nasionaliteit.
<ref>
tag; no text was provided for refs named language