| |||||
Nasionale leuse: Stella Clavisque Maris Indici (Latyn vir: "Ster en sleutel van die Indiese Oseaan") | |||||
Volkslied: Motherland (Engels vir: "Moederland") | |||||
Hoofstad | Port Louis | ||||
Grootste stad | Port Louis | ||||
Amptelike tale | Geena | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Prithvirajsing Roopun Eddy Boissézon Navin Ramgoolam | ||||
Onafhanklikheid • Huidige grondwet
• Republiek |
van die Verenigde Koninkryk 12 Maart 1968 12 Maart 1992 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 040[1] km2 (180ste) 787,6 myl2 0,07 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
1 310 504[1] (159ste) 1 235 260[2] 642,4 / km2 (21ste) 1 663,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,796[4] (72ste) – hoog | ||||
Gini (2017) | 36,8[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Roepee (MUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MUT (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | .mu | ||||
Skakelkode | +230 | ||||
a. In die parlement is Engels die amptelike taal en Frans mag ook gebruik word.[6][7] |
Mauritius (Engels: Mauritius, [məˈrɪʃ(i)əs, mɔː-], ; Frans: Maurice, [mɔʁis, moʁis], ; Morisyen: Moris, [moʁis]), amptelik die Republiek Mauritius (Engels: Republic of Mauritius; Frans: République de Maurice; Morisyen: Repiblik Moris), is 'n eilandstaat in die suidwestelike Indiese Oseaan, omtrent 900 km oos van Madagaskar en 3 943 kilometer suidwes van Indië. Benewens die hoofeiland Mauritius sluit die republiek die eilande Sint Brandon en Rodrigues en die Agalegaëilande in. Mauritius is deel van die Maskareense Eilande, wat die Franse eiland Réunion 200 km suidwes insluit. Die hoofstad en grootste stad van Mauritius is Port Louis. Mauritius is die enigste Afrikaland waar Hindoes die bevolkingsmeerderheid vorm.
Mauritius het op 12 Maart 1968 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry en op 12 Maart 1992 'n grondwetlike republiek binne die Britse Statebond geword. Volgens die bruto binnelandse produk per kapita is Mauritius een van die welvarendste lande van Afrika. Die ekonomie is veral op suiker, toerisme, tekstiele, klere en finansiële dienste gebaseer.[1] Dit is een van slegs 'n handjievol Afrikalande met 'n hoë menslike-ontwikkelingsindeks.
Mauritius maak aanspraak op die Britse oorsese gebied Diego Garcia (Britse Indiese Oseaangebied), wat in 1965 – drie jaar voor Mauritius se onafhanklikheid – deur die Britse regering van Mauritius afgestig is. Die Internasionale Geregshof het in Februarie 2019 die Verenigde Koninkryk se aanspraak op die Chagos-argipel as oortreding van die internasionale reg geklassifiseer en beslis dat die Britse regering dié gebied aan Mauritius moet oorhandig. Daarbenewens eis Mauritius die Tromelin-eiland van Frankryk.