| |||||
Volkslied: Limba Noastră (Roemeens vir: "Ons Taal") | |||||
Hoofstad | Chișinău | ||||
Grootste stad | Chișinău | ||||
Amptelike tale | Roemeens (ook Moldawies genoem)a[1][2][3] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Maia Sandu Dorin Recean | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Prinsdom Moldawa • Goewerment Bessarabië • Demokratiese Republiek • Vereniging met Roemenië • Moldawiese ASSR • Moldawiese SSR • Transnistrië-oorlog • Onafhanklikheid van die Sowjetunie • Huidige grondwet |
1346 1812 15 Desember 1917 9 April 1918 12 Oktober 1924 2 Augustus 1940 2 November 1990 27 Augustus 1991b 29 Julie 1994 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
33 843,5[4] km2 (135ste) 13 67 (met Transnistrië) myl2 1,4 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
2 512 758[5] (met Transnistrië) (139ste) 2 804 801[6] (met Transnistrië) 82,8 / km2 (125ste) 214,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,767[8] (80ste) – hoog | ||||
Gini (2021) | 25,7[9](6de) – laag | ||||
Geldeenheid | Leu (MDL )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+02) OEST (UTC+03) | ||||
Internet-TLD | .md | ||||
Skakelkode | +373 | ||||
a. Soos bepaal deur die Moldawiese Onafhanklikheidsverklaring – wat volgens die Grondwetlike hof van Moldawië voorrang geniet bo artikel 13 van die Moldawiese grondwet – wat die naam Moldawies gebruik".[1] b. Datum van proklamasie. Die onafhanklikheid is daarna in Desember 1991 met die ontbinding van die Sowjetunie gefinaliseer. |
Moldowa (Roemeens: Moldova, [molˈdova], , amptelik die Republiek Moldowa (Republica Moldova), voorheen Moldawië, is ’n landingeslote land in Suidoos-Europa, grotendeels geleë tussen die Proet- en die Dnisterrivier. Dit word in die weste begrens deur Roemenië en verder deur Oekraïne. Die hoofstad is Chișinău (Russies: Kisjinef). Die land word beskou as een van die armstes in Europa.
Die bevolking is oorwegend Moldowies (Sowjet-naam: Moldawies; ’n benaming wat ná die skeiding van die res van Moldawië in gebruik gekom het: die inwoners van Roemeense Moldawië word as Roemeniërs beskou). Daar is ook Oekraïense, Russiese en Gagaoesiese minderhede.
Moldowa was tot in 1991 deel van die Sowjetunie as die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Die grondgebied van die nuwe land kom ooreen met dié van die voormalige Sowjetrepubliek en gedeeltelik met dié van die ouer Bessarabië (wat tot die Tweede Wêreldoorlog Roemeens was). Slegs die suidelikste en noordelikste deel van Bessarabië behoort tot die Oekraïne, terwyl die gebied aan die linkeroewer van die Dnister, Transnistrië, nooit tot Bessarabië behoort het nie, maar volgens die grootste deel van die wêreldgemeenskap wel behoort tot die huidige Moldowa. Transnistrië het hom in 1991 eensydig onafhanklik verklaar. Die tweede belangrikste stad van Moldowa, Tiraspol, lê in dié gebied.
Die land is ’n parlementêre republiek met ’n president as staatshoof en ’n premier as regeringshoof. Dit is in Maart 1992 toegelaat tot die Verenigde Nasies. Dit is ook lid van verskeie ander internasionale organisasies en hoop om lid te word van die Europese Unie.[10]