Deel van ’n reeks oor die |
Wêreldgeskiedenis en voorgeskiedenis |
---|
↑ Voor Homo (Plioseen-epog) |
Voorgeskiedenis (drietydperkstelsel) |
|
Aangetekende geskiedenis |
|
↓ Toekoms (Holoseen-epog) |
Die Neolitikum was die laaste deel van die Steentydperk en beteken "Nuwe Steentydperk". Dit was ’n tydperk van primitiewe tegnologie en sosiale ontwikkeling. In die Neolitikum het vroeë dorpe ontwikkel, asook landbou, die mak maak van diere, die vervaardiging van gereedskap en die eerste tekens van oorlogvoering.[1] Die tydperk het sowat 10 000 jaar gelede begin en met die begin van die Bronstydperk geëindig. Die Sumeriërs het eerste begin boer, in omstreeks 9500 v.C. Teen 7000 v.C. het landbou afsonderlik in Indië en Peru ontwikkel; teen 6000 v.C. in Egipte; teen 5000 v.C in China en omstreeks 2700 v.C. in die noordelike Suid-Amerika.