| |||||
Nasionale leuse: En Dios Confiamos (Spaans vir: "In God vertrou ons") | |||||
Volkslied: Salve a ti, Nicaragua | |||||
Hoofstad | Managua | ||||
Grootste stad | Managua | ||||
Amptelike tale | Spaansa | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Daniel Ortega Rosario Murillo | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar
• Van die Eerste Meksikaanse Keiserryk • Van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika • Erken • Rewolusie • Huidige grondwet |
15 September 1821 1 Julie 1823 31 Mei 1838 25 Julie 1850 19 Julie 1979 9 Januarie 1987[1] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
130 375 km2 (96ste) 50 338 myl2 7,14 | ||||
Bevolking - 2012-sensus - Digtheid |
6 167 237[2] 51 / km2 (155ste) 132,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,658[4] (124ste) – medium | ||||
Gini (2014) | 46,2[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Córdoba (NIO )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
CST (UTC-6) nie toegepas nie (UTC-6) | ||||
Internet-TLD | .ni | ||||
Skakelkode | +505 | ||||
a. Engels en inheemse tale word ook aan die Karibiese kus gepraat. |
Nicaragua (Spaans: [nikaˈɾaɣwa]), amptelik die Republiek Nicaragua (Spaans: República de Nicaragua, [reˈpuβlika ðe nikaˈɾaɣwa]), is 'n verteenwoordigende demokratiese republiek en die grootste nasie in Sentraal-Amerika. Aangrensend is Honduras in die noorde, die Stille Oseaan in die weste, die Karibiese See in die ooste en Costa Rica in die suide.
In die depressie het die grootste mere van Sentraal-Amerika ontstaan, naamlik die Lago de Managua (Managuameer, 1 049 km²) en die Lago de Nicaragua (Nicaraguameer, 8 264 km²), wat deur die Rio Tipitapa verbind word. Tussen – asook in – die mere en die Stille Oseaan is daar 'n reeks vulkane wat nog gedeeltelik aktief is.
Hier lê egter ook die grootste stede van die land, soos die hoofstad Managua, wat op 23 Desember 1972 byna geheel en al deur 'n aardbewing verwoes is en heeltemal ontruim moes word. Op die Punta Cosigüina in die noordweste is die vulkaan Cosigüina (859 m), in die Cordillera de los Marrabios onder meer die vulkaan San Cristóbal (1 745 m), die vulkaan Telica (1 010 m) en die vulkaan Momotombo (1 280 m); meer na die suidooste, in die Mesetas de los Pueblos, lê die vulkaan Mombacho (1 224 m).
Die bergland bestaan uit 'n aantal kort, steil bergreekse waartussen vrugbare valleie (vulkaniese grond) geleë is. Op die grens met Honduras loop die Cordillera entre Ríos, met die Cerro Mogotón (2 107 m). Suid van en ewewydig met hierdie berge lê die hoogste berg reeks van Nicaragua, die Cordillera Isabelia, met die Cerro Penas Blancas (1 745 m), die Cerro Saslaya (1 994 m), die Cerro Piu (1 800 m) en die Cerro Yelucá (1 128 m). Die suidelike deel van die driehoek bestaan uit laer bergreekse soos die Montes de Huapi (Huapiheuwels), Sierra de Amerique en die Cordillera de Yolaina.