Noordwes

Noordwes-provinsie
Bokone-Bophirima
Nyakatho-Ntshonalanga
North West Province

Vlag

Wapen
Oppervlakte 104 882 km²
Bevolking (2011)[1] 3 509 953
Bevolking (2017 skat) 3 850 000
Tale[1] Tswana (63,4%), Afrikaans (9,0%), Suid-Sotho (5,8%), Xhosa (5,5%), Tsonga (3,7%)
Etniese groepe[1] Swart mense (89,8%), Wit mense (7,3%),
Bruin mense (2,0%),
Asiërs (0,6%)
Hoofstad Mahikeng
Premier Lazzy Mokgosi (ANC)

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike dorpe in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "2011-sensus" (PDF). Statistiek Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2015. Besoek op 13 November 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne