| |||||
Volkslied: O'zbekiston Respublikasining Davlat Madhiyasi | |||||
Hoofstad | Tasjkent | ||||
Grootste stad | Tasjkent | ||||
Amptelike tale | Oesbekies | ||||
Regering | Unitêre presidensiële republiek Shawkat Mirziyoyef Abdulla Oripof | ||||
Onafhanklikheid | van die Sowjetunie 1747 27 Oktober 1924 1 September 1991 8 Desember 1991 25 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
448 978 km2 (56ste) 172 742 myl2 4,9 | ||||
Bevolking - 2016-skatting - Digtheid |
31 576 400[1][2] (41ste) 70,3 / km2 (136ste) 182,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
MOI (2014) | 0,675[4] (114de) – medium | ||||
Gini (2003) | 36,8(95ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Som (UZS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
UZT (UTC+5) nie toegepas nie (UTC+5) | ||||
Internet-TLD | .uz | ||||
Skakelkode | +998 |
Oesbekistan of Oezbekistan, amptelik die Republiek van Oesbekistan (Oesbekies: Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken is. Sy hoofstad en grootste stad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen.
In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.