Pous Leo XIV | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Geboortenaam | Robert Francis Prevost |
Pontifikaat begin | 8 Mei 2025 |
Pontifikaat eindig | |
Voorganger | Franciskus |
Gebore | 14 September 1955 Chicago, Illinois, Verenigde State |
Ander pouse genaamd Leo |
Pous Leo XIV (Latyn: Leo XIV; Italiaans: Leone XIV; Engels: Pope Leo XIV; Spaans: León XIV; gebore as Robert Francis Prevost op 14 September 1955 in Chicago, Illinois, Verenigde State) is die 267ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad. Hy is op 8 Mei 2025 verkies tydens die konklaaf wat gehou is ná die dood van pous Franciskus. Tot sy verkiesing het Robert Francis Prevost as kardinaal-diaken van Santa Monica gedien.[1] Die naam Leo beteken "leeu".
Leo XIV is sowel die eerste Amerikaner en Peruaan wat tot hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Ná sy voorganger, pous Franciskus, is hy ook die tweede pous vanuit die Amerikas en die Nuwe Wêreld. Daarnaas is hy ook die sesde Augustyn en eerste sedert pous Gregorius VIII wat tot pous verkies is. Pous Leo XIV het homself genoem na pous Leo XIII (1878–1903), met sy slagspreuk nos multi in illo uno unum (Latyn vir: "Ons baie in daardie een [Christus] verenig"). Hy is op 18 Mei 2025 amptelik ingehuldig, waartydens hy ook sy pontifikale vissersring ontvang het.[2]
Robert Francis Prevost is van Franse, Italiaanse en Spaanse herkoms. Hy is Engels, Spaans, Italiaans, Frans en Portugees magtig. Hy kan ook Latyn en Duits lees.[3]