Provinsies van Suid-Afrika

Kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsiale grense (2009)

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se ISO 3166:2 afkorting[1] en hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

  1. Wes-Kaap (WC, Kaapstad)
  2. Noord-Kaap (NC, Kimberley)
  3. Oos-Kaap (EC, Bhisho)
  4. KwaZulu-Natal (KZN, Pietermaritzburg)
  5. Vrystaat (FS, Bloemfontein)
  6. Noordwes (NW, Mahikeng)
  7. Gauteng (GP, Johannesburg)
  8. Mpumalanga (MP, Nelspruit[2])
  9. Limpopo (LP, Polokwane[3])
  1. "Standard: ISO 3166 — Codes for the representation of names of countries and their subdivisions" (PDF) (in Engels). Internasionale Standaardeorganisasie, (ISO). 2 Maart 2020. Besoek op 2 Junie 2025.
  2. Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
  3. Voorheen bekend as Pietersburg

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne