| |||||
Nasionale leuse: Unité, Travail, Progrès (Frans vir: "Eenheid, Arbeid, Vooruitgang") | |||||
Volkslied: La Congolaise (Frans vir: "Die Kongolese") | |||||
Hoofstad | Brazzaville | ||||
Grootste stad | Brazzaville | ||||
Amptelike tale | Frans Nasionale tale: Kituba en Lingala[1] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Denis Sassou Nguesso Anatole Collinet Makosso | ||||
Onafhanklikheid | 28 November 1958 15 Augustus 1960 6 November 2015 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
342 000 km2 (64ste) 132 000 myl2 3,3 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - Digtheid |
5 244 359[2][3] (117de) 12,8 / km2 (204de) 33,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,574[5] (149ste) – medium | ||||
Gini (2011) | 48,9[6] – medium | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .cg | ||||
Skakelkode | +242 |
Die Republiek die Kongo (Frans: République du Congo; Kituba: Repubilika ya Kôngo; Lingala: Republíki ya Kongó), ook Kongo-Brazzaville, of net Kongo (nie dieselfde as die Demokratiese Republiek die Kongo nie) is 'n voormalige Franse kolonie in die westelike Sentraal-Afrika. Dit grens aan Gaboen in die weste, aan Kameroen in die noordweste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die noorde, die Demokratiese Republiek die Kongo in die ooste, Angola (Cabinda) in die suide en die Golf van Guinee in die suidweste.
Die Republiek die Kongo beslaan 'n oppervlakte van 342 000 km² en het 'n bevolking van 5 244 359 in 2018 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Brazzaville wat saam met Kinshasa, die hoofstad van die DR Kongo, een van die grootste metropolitaanse gebiede in Afrika vorm en deur die Kongorivier van mekaar geskei word. Die naam "Kongo", wat jagter beteken, is afkomstig van die Bakongo-stam wat naby die Kongorivier kom woon het.