Ruimtevaarder

Amerikaanse ruimtependeltuigreisiger. Foto deur NASA
Joeri Gagarin, die eerste mens in die ruimte (1961)
Valentina Teresjkova, die eerste vrou in die ruimte (1963)

'n Ruimtevaarder is 'n persoon wat in of na die ruimte toe reis, of wat dit as 'n beroep beoefen. In die Verenigde State word persone, wat hoër as 50 myl (80 kilometer) bo die aarde reis, geklassifiseer as ruimtevaarders. Die FAI definieer ruimtevaart as meer as 100 kilometer, die Kármán-lyn. Ruimtevaarders van meer as 32 lande het reeds ruimtereise meegemaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne