Serwies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serwiërs.
Serwies
српски / srpski 
Uitspraak: [sr̩̂pskiː]
Gepraat in: Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Montenegro Montenegro
Flag of Kosovo Kosovo
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Roemenië Roemenië 
Gebied: Balkan
Totale sprekers: 12 miljoen[1][2][3]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Suid-Slawies
   Suidwes-Slawies
    Serwo-Kroaties
     Serwies 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet
Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Montenegro Montenegro (in amptelike gebruik)[4]
Flag of Kosovo Kosovo
Berg Athos
Gereguleer deur: Raad vir Standaardisering van die Serwiese taal
Taalkodes
ISO 639-1: sr
ISO 639-2: srp
ISO 639-3: srp 
Verspreiding van Serwies (donkerblou) binne Serwo-Kroaties (hemelblou)

Serwies (Serwiese Cyrillies: српски, Latyns: srpski, [sr̩̂pskiː]) is 'n taal binne die Slawiese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met Sloweens, Kroaties, Masedonies, Bosnies, Montenegryns en Bulgaars word dit by die Suid-Slawiese taalgroep gereken. Serwies was vroeër (as Serwo-Kroaties) saam met Sloweens en Masedonies die ampstale van die voormalige Joego-Slawië.

   Lande met Serwies as 'n amptelike taal

   Lande met Serwies as 'n erkende minderheidstaal

Die Serwiese Cyrilliese alfabet

Serwies is tans die ampstaal van Serwië, waar dit deur sowat 6,2 miljoen mense as moedertaal gepraat word. 'n Verdere twee miljoen sprekers word in Bosnië en Herzegowina, Montenegro, Kroasië, Kosowo en Noord-Masedonië aangetref. Die taalkennis van sowat 3,5 miljoen Serwiese emigrante in Wes-Europa, Australië, Kanada en die Verenigde State varieer. Daarbenewens is Serwies in Montenegro in amptelike gebruik.

Volgens die Serwiese grondwet van November 2006 word Serwies amptelik volgens die Cyrilliese alfabet geskryf, alhoewel in die alledaagse lewe en in die media dikwels ook die Latynse alfabet gebruik word.

Op grond van grammatikale en semantiese kriteria word na Serwies, Kroaties en Bosnies dikwels as nasionale variëteite van 'n gemeenskaplike taal, Serwo-Kroaties, verwys. Alhoewel hierdie klassifikasie omstrede is, is al drie tale tot 'n groot mate onderling verstaanbaar.

In Montenegro word die ampstaal amptelik Montenegryns genoem en kan in beide die Cyrilliese en die Latynse alfabet geskryf word. Die verskille tussen Montenegryns en Serwies is egter minimal.

  1. http://www.rts.rs/page/stories/sr/story/125/Dru%C5%A1tvo/45760/Srpski+jezik+govori+12+miliona+ljudi+.html
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2014. Besoek op 16 Mei 2014.
  3. Waarvan 6,62 miljoen in Serwië sonder Kosowo (88% van die totale bevolking), 1,49 miljoen in Bosnië en Herzegowina (37,1%), 400 000 in Montenegro (60%), 133 000 in Kosowo en 45 000 in Kroasië (sonder vlugtelinge), moontlik een miljoen in die Serwiese diaspora. Statistieke vir 2006, Encyclopedia of Language and Linguistics, 2de uitgawe
  4. (en) "Language and alphabet Article 13". Grondwet van Montenegro. WIPO. 19 Oktober 2007. Besoek op 2 Desember 2020. Serbian, Bosnian, Albanian and Croatian shall also be in the official use.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne