Soedan

Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien Soedan (gebied).
Republiek Soedan
جمهورية السودان (Arabies)
Republic of the Sudan (Engels)
Vlag van Soedan Embleem van Soedan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: النصر لنا
An-Naṣr lanā
(Arabies vir: "Oorwinning is ons s'n")
Volkslied: نحن جند الله، جند الوطن
Nahnu Jund Allah Jund Al-watan
(Arabies vir: "Ons is die soldate van God, die soldate van die Nasie")
Ligging van Soedan
Hoofstad Khartoem

15°38′N 32°32′O / 15.633°N 32.533°O / 15.633; 32.533

Grootste stad Omdoerman

15°39′N 32°29′O / 15.650°N 32.483°O / 15.650; 32.483

Amptelike tale Arabies en Engels[1]
Regering


• Oorgangsraadvoorsitter
Eerste minister
Federale parlementêre
republiek onder 'n
oorgangsregering
Abdel Fattah al-Burhan
Abdalla Hamdok
Onafhanklikheid
Vorming
• Nubiese koninkryke
• Sennar-dinastie
• Unifikasie met Egipte
• Anglo-Egiptiese Soedan
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
en Egipte
• Huidige grondwet
Suid-Soedanese wegbreek
Staatsgreep


3500 v.C.
1504[2]
1820
1899


1 Januarie 1956
9 Januarie 2005
9 Julie 2011
11 April 2019
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 886 068 km2  (15de)
728 215 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
44 909 353[3] (33ste)
30 894 000[4] (omstrede)
21,3 / km2
55,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$189,867 miljard[5]
$4 173[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$35,919 miljard[5]
$789[5]

MOI (2019) 0,510[6] (170ste)  –  medium
Gini (2014) 34,2[7] –  medium
Geldeenheid Pond (SDG)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .sd, سودان.
Skakelkode +249

Soedan (Arabies: السودان, as-Sūdān; Engels: Sudan, [suˈdɑːn, -ˈdæn], ), amptelik die Republiek Soedan (Arabies: جمهورية السودان, Jumhūriyyat as-Sūdān; Engels: Republic of the Sudan), ook bekend as Noord-Soedan sedert Suid-Soedan se onafhanklikheid, is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van AfrikaAlgerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooisee in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman die grootste stad van Soedan.

Nasa-Satellietbeeld van Soedan
Kaart van Soedan en Darfoer

Soedan beslaan 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en het in 2021 'n bevolking van 44 909 353 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voor dit was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika. Die Nylrivier vloei in 'n noordelike rigting deur die land, wat deur die samevloeiing van die Blou Nyl en die Wit Nyl in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-Bahri gevorm word.

Die idee van 'n "Soedanese" nasionalisme het sy oorsprong in die 1930's en 1940's, toe dit deur jong intellektuele gewild gemaak is.[8]

Die vorige regering van Soedan onder president Omar al-Bashir is gereeld vir sy menseregskendings teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Hy word deur die Internasionale Strafhof weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.[9]

  1. (en) "2005 constitution in English" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 Mei 2013. Besoek op 6 Augustus 2019.
  2. (en) Rayah, Mubarak B. (1978). Sudan civilization. Democratic Republic of the Sudan, Ministry of Culture and Information. p. 64.
  3. (en) "Sudan Population 2021 (Live)". World Population Review. Besoek op 21 November 2021.
  4. (en) "Discontent over Sudan census". Kaapstad: News24. AFP. 21 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 28 Augustus 2019.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Sudan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 21 November 2021.
  6. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 21 November 2021.
  7. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 21 November 2021.
  8. (en) Sharkey, Heather J. (2007). "Arab Identity and Ideology in Sudan: The Politics of Language, Ethnicity and Race" (PDF). African Affairs. 107 (426): 29–32. doi:10.1093/afraf/adm068. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 Oktober 2020. Besoek op 24 Februarie 2019.
  9. (en) "The world's enduring dictators". CBS News. 16 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020. Besoek op 28 Augustus 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne