| |||||
Nasionale leuse: Justice, Liberty, Prosperity (Engels vir: "Geregtigheid, Vryheid, Voorspoed") | |||||
Volkslied: South Sudan Oyee! (Engels vir: "Suid-Soedan Hoera!") | |||||
Hoofstad | Joeba | ||||
Grootste stad | Joeba | ||||
Amptelike tale | Engels[1][2] en Swahili[3][4] | ||||
Regering • President • 1ste adjunkpresident • 2de adjunkpresident • 3de adjunkpresident • 4de adjunkpresident • 5de adjunkpresident |
Federale presidensiële grondwetlike republiek[5] Salva Kiir Mayardit Riek Machar James Wani Igga Taban Deng Gai Rebecca Nyandeng Garang Hussein Abdelbagi | ||||
Onafhanklikheid • Ontbinding van die
Anglo-Egiptiese Soedan • Omvattende vredesooreenkoms • Outonomie • Onafhanklikheid en grondwet |
van Soedan 31 Desember 1955 6 Januarie 2005 9 Julie 2005 9 Julie 2011 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
644 329[6] km2 (44ste) 248 777 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
12 703 714[6] (79ste) 8 260 490[7] (betwis) 19,7 / km2 (214de) 51,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,381[9] (192ste) – laag | ||||
Gini (2016) | 44,1[10] – medium | ||||
Geldeenheid | Pond (SSP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ss[11]a | ||||
Skakelkode | +211[12] | ||||
a. Geregistreer, maar nog nie in werking nie. |
Suid-Soedan (Engels: South Sudan; Swahili: Sudan Kusini), amptelik die Republiek Suid-Soedan (Engels: Republic of South Sudan; Swahili: Jamhuri ya Sudan Kusini), is 'n landingeslote land in Oos-Afrika en grens aan Soedan in die noorde, Ethiopië in die ooste, Kenia, Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Joeba, hoewel die regering die oprigting van 'n nuwe hoofstad beplan. Suid-Soedan het 'n bevolking van 12 703 714 in 2024 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 644 329 km².[6]
Suid-Soedan het op 9 Julie 2011 as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan verklaar en is sedertdien die wêreld se jongste onafhanklike land. Kort daarna het egter nuwe etniese geweld uitgebreek wat in 2013 tot 'n burgeroorlog ontwikkel het. Suid-Soedan word algemeen as 'n mislukte staat beskou.[13] Die Suid-Soedanese regering is tans op soek vir 'n nuwe stad wat as hoofstad kan dien, waarvan Ramciel die gunsteling is.[14] Dit word egter deur die voortdurende Suid-Soedanese burgeroorlog bemoeilik.
<ref>
tag; no text was provided for refs named allafrica
<ref>
tag; no text was provided for refs named africanews