Suidelike Orkneyeilande | |
---|---|
Kaart van die Suidelike Orkneyeilande | |
Geografie
| |
Ligging | Antarktika, Suidelike Oseaan Suidelike Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 60°35′S 45°30′W / 60.583°S 45.500°W
|
Hoofeilande | Coronation-eiland |
Oppervlakte | 620 vk km (240 vk myl) |
Hoogste punt | Berg Nivea 1 265,8 m (4 153 voet) |
Administrasie | |
Verenigde Koninkryk | |
Oorsese gebied | Brits-Antarktiese Gebied
|
Argentinië | |
Provinsie | Argentyns-Antarktika
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Geadministreer onder die Antarktiese Verdrag |
Die Suidelike Orkneyeilande (Engels: South Orkney Islands, Spaans: Islas Orcadas del Sur) is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suide. Die Suidelike Orkneyeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Scotiasee in die noorde en die Weddellsee in die suide geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande geleë.
Die Suidelike Orkneyeilande word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) opgeëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eilande soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. Die Suidelike Orkneyeilande is na Orkney, 'n eilandgroep langs die kus van Skotland, genoem.