Switserland

Switserse Konfederasie
Schweizerische Eidgenossenschaft (Duits)
Confédération suisse (Frans)
Confederazione Svizzera (Italiaans)
Confederaziun svizra (Romansch)
Confoederatio Helvetica (CH) (Latyn)
Vlag van Switserland Wapen van Switserland
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Unus pro omnibus, omnes pro uno (la)
"Einer für alle, alle für einen" (de)
"Un pour tous, tous pour un" (fr)
"Uno per tutti, tutti per uno" (it)
"In per tuts, tuts per in" (rm)
(Afrikaans: "Een vir almal, almal vir een")
Volkslied: Switserse Psalm
Ligging van Switserland
Hoofstad Geen (de jure)
Bern (de facto)[1]

46°57′N 7°27′O / 46.950°N 7.450°O / 46.950; 7.450

Grootste stad Zürich
Amptelike tale Duits (62%)
Frans (23%)
Italiaans (8%)
Romansch (0,5%)
Regering


Federale Raad






• Federale Kanselier
Federale multi-partye republiek
met deeglike elemente
van direkte demokrasie

Viola Amherd (President)
Karin Keller-Sutter (Adjunkpresident)
Guy Parmelin
Ignazio Cassis
Albert Rösti
Elisabeth Baume-Schneider
Beat Jans
Viktor Rossi
Onafhanklikheid
• Stigtingsdatum
• Verdrag van Basel
• Vrede van Westfalen
• Restourasie
• Bondstaat
Federale Verdrag
ca. 1300, gevier op 1 Augustus 1291
22 September 1499
24 Oktober 1648
7 Augustus 1815
12 September 1848
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
41 285[2] km2  (132ste)
15 940 myl2
4,34 (2015)[3]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
8 902 308[4] (99ste)
8 327 126[5]
207 / km2 (48ste)
536,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$820,699 miljard[6] (35ste)
$92 519[6] (5de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$977,947 miljard[6] (20ste)
$110 246[6] (5de)

MOI (2021) 0,962[7] (1ste)  –  baie hoog
Gini (2022) 31,1[8](19de) –  laag
Geldeenheid Frank (CHF)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .ch
Skakelkode +41

Switserland (Duits: Schweiz; Frans: Suisse, [sɥis(ə)]; Italiaans: Svizzera, [ˈzviːtːsera]; Romansch: Svizra, [ˈʒviːtsrɐ] of [ˈʒviːtsʁɐ], ), amptelik die Switserse Konfederasie (Duits: Schweizerische Eidgenossenschaft; Frans: Confédération suisse; Italiaans: Confederazione Svizzera; Romansch: Confederaziun svizra, ), is 'n klein landingeslote, federale staat in Sentraal-Europa, met Duitsland, Frankryk, Italië, Oostenryk en Liechtenstein as aangrensende lande. Die laasgenoemde vorm sedert 1923 'n monetêre en doeane-unie met Switserland, en ook sy buitelandse belange word deur die Konfederasie waargeneem. Switserland het 'n lang tradisie van politieke en militêre neutraliteit, maar word nogtans dikwels vereenselwig met internasionale samewerking aangesien dit die tuiste is van baie internasionale organisasies.

Confoederatio Helvetica (CH), die Latynse weergawe van die amptelike naam, vermy 'n keuse tussen die vier amptelike tale. Die afkorting word op soortgelyke manier gebruik – onder meer as Switserland se Internet-topvlakdomein, .ch.

Die bevolking van Switserland vorm geen etniese, taalkundige of godsdienstige eenheid nie. Hul identiteit word gevorm deur hul gemeenskaplike geskiedenis, die gemeenskaplike mites, die gemeenskaplike politieke oortuigings en beginsels (wat onder meer die federalisme, direkte demokrasie en neutraliteit insluit), die geografie en klein oppervlakte en ook die oortuiging dat hulle 'n uitsondering in Europa vorm.

  1. (de) Holenstein, André (2012). "Die Hauptstadt existiert nicht" (PDF). UniPress – Forschung und Wissenschaft an der Universität Bern (scientific article). Bern: Department Communication, University of Berne (152: Sonderfall Hauptstatdtregion): 16–19. doi:10.7892/boris.41280. Besoek op 1 Januarie 2024.
  2. (de) 4 128 491 ha (Bundesamt für Statistik – Bodennutzung, -bedeckung > Tabellen)
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 1 Januarie 2024.
  4. (de) "Bevölkerungsstand am Ende des 2. Quartals 2023". Federale Kantoor vir Statistiek. Besoek op 1 Januarie 2024.
  5. (en) Jacqueline Kucera, Athena Krummenacher (22 November 2016). "Switzerland's population 2015" (PDF) (official report). Swiss Statistics. Neuchâtel, Switserland: Federale Kantoor vir Statistiek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 16 Junie 2022.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Switzerland". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 1 Januarie 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 1 Januarie 2024.
  8. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 1 Januarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne