| |||||
Volkslied: Surudi Milli (Tadjiks vir: "Ons geliefde land") | |||||
Hoofstad | Doesjanbe | ||||
Grootste stad | Doesjanbe | ||||
Amptelike tale | Tadjiks | ||||
Regering | Dominante party semi-presidensiële republiek Emomali Rahmon Kokhir Rasulzoda | ||||
Onafhanklikheid | van die Sowjetunie 5 Desember 1929 9 September 1991 25 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
143 100 km2 (96ste) 55 251 myl2 1,8 | ||||
Bevolking - 2013-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
8 000 000[1] (98ste) 7 564 500 48,6 / km2 (155ste) 125,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2011-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2013-skatting | ||||
MOI (2013) | 0,607[3] (113de) – medium | ||||
Gini (2004) | 33,59 – medium | ||||
Geldeenheid | Somoni (TJS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
TJT (UTC+5) nie toegepas nie (UTC+5) | ||||
Internet-TLD | .tj | ||||
Skakelkode | +992 |
Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон, Toçikiston) is 'n bergagtige landingeslote land in Sentraal-Asië. In die suide grens die land aan Afghanistan, in die weste aan Oesbekistan, in die noorde aan Kirgisië en in die ooste aan die Volksrepubliek China. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot die Tadjiks, wat hul kultuur en geskiedenis met die Irannese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van die Sowjetunie geword as die Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.
Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.