| |||||
Nasionale leuse: Beautiful By Nature (Engels vir: "Pragtig van Nature") | |||||
Volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") Nasionale lied: This Land of Ours (Engels vir: "Hierdie land van ons") | |||||
Hoofstad | Cockburn Town | ||||
Grootste stad | Providenciales | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Parlementêre afhanklikheid onder ’n grondwetlike monargie Charles III Nigel Dakin Anya Williams Washington Misick James Cleverly | ||||
Onafhanklikheid | Britse oorsese gebied 3 September 1783 3 Januarie 1958 31 Mei 1962 15 Oktober 2012 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
948 km2 (185ste) 366 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
44 542[1] (215de) 31 458[2] 47[3] / km2 121,7 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
$924 583 000[4] | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OST (UTC-5) ODT (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .tc | ||||
Skakelkode | +1-649 | ||||
a. Vir al die Britse oorsese gebiede |
Die Turks- en Caicoseilande (Engels: Turks and Caicos Islands) is 'n argipel in die Atlantiese Oseaan en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in Noord-Amerika. Die eilande het 'n bevolking van 44 542 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 948 km². Die eilande bestaan uit die Caicos- en die Turkseilande. Die Turks- en Caicoseilande lê in die ooste van die Bahamas en in die noorde van Hispaniola (Haïti en Dominikaanse Republiek). Die hoofstad is Cockburn Town en die grootste stad is Providenciales.
Die Turks- en Caicoseilande is oor eeue heen deur inheemse Amerikaanse volke bewoon. Die eilandgroep is in 1512 vir Europa ontdek.[5] Gedurende die volgende eeue is die eilandgroep deur verskeie Europese magte opgeëis, en die Britse Ryk het uiteindelik beheer oorgeneem. Oor baie jare heen is die eilandgroep indirek vanaf Bermuda, Bahamas en later Jamaika bestuur. Toe die Bahamas in 1973 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword het, het die Turks- en Caicoseilande hul eie goewerneur gekry en is sedertdien 'n Britse kolonie op sy eie reg. Daar was al pogings om die Turks- en Caicoseilande by Kanada in te lyf.[6]