Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
Uitsterwing in biologie en ekologie is die einde van ’n organisme of groep organismes (takson), gewoonlik ’n spesie. Die oomblik van uitsterwing word gewoonlik beskou as die dood van die laaste lid van die spesie, hoewel die vermoë om aan te teel waarskynlik vroeër reeds verloor is. Omdat die gebied waarin ’n spesie voorkom moontlik baie groot is, is dit moeilik om die presiese oomblik vas te stel en word dit gewoonlik in terugskou gedoen. Soms gebeur dit dat ’n spesie wat as uitgesterf beskou word, "weer sy verskyning maak".
Deur evolusie maak nuwe spesies hul verskyning wanneer ’n nuwe variëteit van ’n organisme ’n ekologiese nis kan vind en tot sy voordeel gebruik, en spesies sterf uit wanneer hulle nie meer in veranderende omstandighede of weens sterker kompetisie kan oorleef nie. Die verhouding tussen ’n dier en sy ekologiese nis is goed aangeteken.[1] ’n Tipiese spesie sterf uit binne 10 miljoen jaar ná sy eerste verskyning,[2] hoewel sommige spesies honderdmiljoene jare lank feitlik onveranderd kan voortleef.
Die meeste spesies het uitgesterf voor die mens sy verskyning gemaak het; daar word voorspel dat 99,9% van alle spesies wat ooit op aarde bestaan het, reeds uitgestorwe is.[2][3]
Massa-uitsterwings is relatief skaars, hoewel geïsoleerde uitsterwings algemeen voorkom. Uitsterwings is van redelik onlangs af eers aangeteken en wetenskaplikes is bekommerd oor die tempo waarmee spesies uitsterf.[4] Baie spesies wat uitsterf, is nooit wetenskaplik gedokumenteer nie. Sommige wetenskaplikes glo tot die helfte van alle spesies wat tans bestaan, kan teen die jaar 2100 uitgesterf wees.[5]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)