Vaalrivier | |
---|---|
Uitsig stroomaf van die N3-nasionale pad af
| |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Oorsprong | Sterkfonteinbaken naby Breyten |
Monding | Oranjerivier |
Lengte | 1 120 km |
Gemiddelde afloop | 4 300 miljoen m3 |
Stroomgebiedopp. | 200 000 km2 |
Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die Oranjerivier in Suid-Afrika. Die Vaalrivier kry sy naam van die grys kleur van sy water, veral in die vloedseisoen wanneer baie slik en sediment afgevoer word. Die opvanggebied is ongeveer 200 000 km2 en die jaarlikse afloop is 4 300 miljoen m3.