Die dwergplaneet Ceres in ware kleure, in 2015 deur Dawn geneem. | |
Ontdekking[1] | |
---|---|
Ontdek deur | Giuseppe Piazzi |
Datum | 1 Januarie 1801 |
Kleinplaneet-benaming | 1 Ceres |
Alternatiewe name | A899 OF; 1943 XB |
Kleinplaneet-kategorie | Dwergplaneet |
Etimologie | Ceres |
Wentelbaaneienskappe[2] | |
Epog 18 Junie 2009 (JD 2455000,5) | |
Afelium | 2,9858 AE 446 669 320 km |
Perihelium | 2,5468 AE 380 995 855 km |
Halwe lengteas | 2,7663 AE 413 832 587 km |
Wentelperiode | 4,60 jaar 1680,5 dae |
Gem. omwentelingspoed | 17,882 km/s |
Gem. anomalie | 27,448° |
Baanhelling | 10,585° (tot Sonnebaan) |
Lengteligging van stygende nodus | 80,399° |
Periheliumhoek | 72,825° |
Natuurlike satelliete | 0 |
Fisiese eienskappe |
|
Radius by ewenaar | 487,3 ± 1,8 km[3] |
Radius na pole | 454,7 ± 1,6 km[3] |
Oppervlakte | 2 850 000 km² |
Massa | 9,43 ± 0,07×1020 kg[4] (0,00015 Aardes) (0,0128 Mane) |
Gem. digtheid | 2,077 ± 0,036 g/cm3[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,27 m/s2 0,028 g |
Ontsnapping- snelheid | 0,51 km/s |
Sideriese rotasieperiode | 0,3781 dae 9,074170 h[5][6] |
Ashelling | sowat 3°[3] |
Regte styging van noordpool | 19h 24 m 291°[3] |
Deklinasie | 59°[3] |
Temperatuur | maks. ~168 K |
Skynmagnitude | 6,7[7] tot 9,32[8] |
Absolute magnitude | 3,36 ± 0,02[9] |
Hoekgrootte | 0,84" tot 0,33" |
Ceres, amptelik 1 Ceres (simbool: ),[10] is die kleinste dwergplaneet in ons Sonnestelsel. Dit is die enigste een in die asteroïdegordel en dus tussen die wentelbane van Mars en Jupiter. Sy naam is afgelei van Ceres, die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederliefde.
Ceres is op 1 Januarie 1801 deur Guiseppe Piazzi in Sisilië ontdek. Met ’n deursnee van sowat 950 km is dit verreweg die grootste liggaam met die grootste massa in die asteroïdegordel; dit maak sowat ’n derde van die gordel se massa uit.[11] Ceres is saamgestel uit rots en ys. Omdat dit die eerste asteroïde is wat ontdek is,[12] is dit aanvanklik as ’n planeet beskou. Dit is egter in die 1850's as ’n asteroïde herklassifiseer nadat baie ander voorwerpe met soortgelyke wentelbane ontdek is.
In 2006 is dit weer herklassifiseer: dié keer as 'n dwergplaneet, die enigste een binne die wentelbaan van Neptunus, want met 'n deursnee van 940 km is dit die enigste asteroïde wat groot genoeg is om deur sy swaartekrag in hidrostatiese ewewig, en dus sferies, gehou te word. Weens sy skynbare magnitude van 6,7 tot 9,3 is dit selfs op sy helderste te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien, behalwe in uiterse donkerte.
Die Dawn-ruimtetuig het bevind Ceres se oppervlak is 'n mengsel van waterys en gehidreerde minerale soos karbonate en klei. Swaartekragdata dui daarop dat Ceres gedeeltelik gedifferensieer is in 'n modderige ysrotskern en 'n minder digte maar sterker kors met 'n ysvolume van minstens 30%. Ceres se klein grootte beteken enige interne oseaan van vloeibare water wat hy eens kon gehad het, is waarskynlik nou gevries. Dit is egter nie heeltemal toegevries nie: Pekels vloei steeds deur die buitemantel en bereik die oppervlak, wat kriovulkane soos Ahuna Mons toelaat om te vorm teen 'n tempo van sowat een elke 50 miljoen jaar. Dit maak Ceres die naaste bekende kriovulkaniese liggaam aan die Son, en die pekels verskaf 'n potensiële habitat vir mikrobiese lewe.
In Januarie 2014 is emissies van waterdamp om Ceres bespeur, en dit het 'n verganklike, dun atmosfeer bekend as 'n eksosfeer geskep. Dit was onverwags, aangesien groot liggame in die asteroïdegordel gewoonlik nie waterdamp uitskei nie; dit is ’n kenmerk van komete.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)