Pous Gregorius XIII | |
---|---|
Geboortenaam | Ugo Boncompagni |
Pontifikaat begin | 13 Mei 1572 |
Pontifikaat eindig | 10 April 1585 |
Voorganger | Pius V |
Opvolger | Sixtus V |
Gebore | 7 Januarie 1502 Bologna, Pouslike Staat |
Sterf | 10 April 1585 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Gregorius XIII was die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1572 tot 1585. Hy is veral bekend vir die invoering van die Gregoriaanse kalender. Gregorius was ook betrokke by die onderdrukking van die Protestantisme in Europa, veral by die pogings om Elizabeth I van Engeland af te set en by die massamoord op die Hugenote in Frankryk tydens die Bartolomeusnag.