Afrikakrieketvereniging

Afrikakrieketvereniging
Kenteken van die Afrikakrieketvereniging
Kenteken van die Afrikakrieketvereniging
Engelse naam Africa Cricket Association
Afkorting ACA
Vasteland Afrika
Lede 22
Sportsoort Krieket
Stigting 1997
Gestig in Harare, Zimbabwe
Sambreelorganisasie Internasionale Krieketraad
Aangesluit in 1997
Setel Benoni, Suid-Afrika
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf africacricket.com

Die Afrikakrieketvereniging (Engels: Africa Cricket Association, afgekort “ACA”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Afrika. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Benoni, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike taal is Engels.

In Augustus 1997 is die Afrikakrieketvereniging in Harare, Zimbabwe, gestig deur Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die Afrikakrieketvereniging organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrika T20I-beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.

  1. (en) "Global Map". Internasionale Krieketraad. Besoek op 19 Desember 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne