Alija

Nuwe immigrante in Israel, Desember 2007.

Alija[1] (Hebreeus: עֲלִיָּה, "opkoms") is die immigrasie van Jode van die Joodse diaspora na histories die Heilige Land, wat vandag die moderne staat Israel insluit. Dit word gedefinieer as "die daad om op te gaan" – dus na Jerusalem. Om "alija" te maak deur na die land Israel te verhuis is een van die basiesste leerstellings van Sionisme.

Die teenoorgestelde aksie, emigrasie uit Israel, word in Hebreeus jerida ("daling") genoem.[2]

  1. "Alija" in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 14 Augustus 2021.
  2. ""Aliyah": The Word and Its Meaning". 15 Mei 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2009. Besoek op 29 April 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne