Anch

Die anch.

Die anch of ankh, ook bekend as die sleutel van die lewe en die sleutel van die Nyl, was die Antieke Egiptiese karakter vir "lewe".

Dit het die begrip van ewige lewe verteenwoordig. Die Egiptiese gode is dikwels uitgebeeld met ’n anch in die hand, of een in elke hand met die arms oor die bors gekruis. Die oorsprong daarvan is onseker.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne