Atra-Hasis

'n Wigskriftablet met die Atra-Hasis-verhaal in die Britse Museum.

Atra-Hasis (Akkadiese wigskrif: 𒀜𒊏𒄩𒋀, Atra-ḫasīs) is 'n Akkadiese epiese gedig uit die 18de eeu v.C. wat in verskillende weergawes op kleitablette geskryf is.[1] Dit is genoem na die protagonis, Atrahasis ("uiters wyse"). Die tablette sluit beide 'n skeppingsmite in en een van drie Babiloniese vloedmites wat bewaar gebly het. Die naam "Atra-Hasis" verskyn ook op een van die Sumeriese koningslyste as koning van Shoeroeppak in die tyd voor 'n vloed.

  1. Bottéro, Jean. 2000. Ancestor of the West: Writing, Reasoning, and Religion in Mesopotamia, Elam, and Greece. Chicago: University of Chicago Press. ISBN 978-0226067155. p. 40.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne