Bafomet

'n Uitbeelding van 1856 van die Sabbatsbok uit Dogme et Rituel de la Haute Magie deur Eliphas Levi.[1][2]

Bafomet of Baphomet is 'n godheid wat die Tempelridders volgens beskuldigings aanbid het[3] en daarna opgeneem is in verskeie okkulte en esoteriese tradisies.[4] Die naam "Bafomet" verskyn in transkripsies van die verhore van die Tempelridders, wat in 1307 begin het.[5][6] Dit het veral in die 19de eeu in druk verskyn tydens debatte en gissings oor die redes vir die onderdrukking van die ridderorde.[3][5]

Bafomet is 'n balanssimbool in verskeie okkulte en mistieke tradisies, wat sommige okkultiste met die Gnostici en Tempelridders probeer verbind het,[4] maar hy word soms as 'n godheid of demoon uitgebeeld.[3] Sedert 1856 is die naam verbind met die skets van die "Sabbatsbok" deur Eliphas Levi,[7] wat saamgestel is uit binêre elemente wat "die simboliek van die ewewig van teenoogesteldes" verteenwoordig:[1] halfmens en halfdier, manlik en vroulik, goed en boos, ensovoorts.[2] Levi se bedoeling was om sy idee van balans te simboliseer, met Bafomet wat die doel van perfekte sosiale orde verteenwoordig.[2]

  1. 1,0 1,1 Strube, Julian (2016). "The 'Baphomet' of Eliphas Lévi: Its Meaning and Historical Context" (PDF). Correspondences: An Online Journal for the Academic Study of Western Esotericism. 4: 37–79. ISSN 2053-7158. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2017. Besoek op 31 Maart 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 Introvigne 2016, pp. 105–109.
  3. 3,0 3,1 3,2 Stahuljak 2013, pp. 71–82
  4. 4,0 4,1 "Templars". Encyclopædia Britannica (11de) 26. (1911). Cambridge University Press. 
  5. 5,0 5,1 Field, Sean L. (April 2016). Jansen, Katherine L. (red.). "Torture and Confession in the Templar Interrogations at Caen, 28–29 October 1307". Speculum: A Journal of Medieval Studies. Chicago: University of Chicago Press. 91 (2): 297–327. doi:10.1086/684916. ISSN 2040-8072. JSTOR 43883958. LCCN 27015446. OCLC 35801878. S2CID 159457836.
  6. Michelet, Jules (1860). History of France. D. Appleton & Company. p. 375.
  7. Waite, Class I, §2

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne