Biarritz

Biarritz
Biàrritz • Miarritze

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Nieu-Akwitanië
 Département Pyrénées-Atlantiques
 Koördinate 43°29′N 1°33′W / 43.483°N 1.550°W / 43.483; -1.550
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 11,66 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-85 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2016) 24 777
 - Bevolkingsdigtheid 2 125/vk km
 - Metropolitaanse gebied (2011) 213 969
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Michel Veunac
 Amptelike webwerf biarritz.fr

Biarritz [bjaʀits] (Oksitaans: Biàrritz [biˈarrits], Baskies: Miarritze) is 'n stad aan die Golf van Biskaje en belangrike toeristesentrum in die Franse Baskeland (département Pyrénées-Atlantiques en région Nieu-Akwitanië) met 'n oppervlak van 11,66 vierkante kilometer en 24 777 inwoners (2016) wat in Frans les Biarrots genoem word.

Sononder in Biarritz

Nog tot in die laat 19de eeu was Biarritz 'n klein vissersdorp en 'n basis vir walvisjagters. Eers toe strandvakansies gewild geraak het, het 'n plaaslike toerismebedryf begin ontwikkel. Die bou van spoorweë en die bekendheid wat persoonlikhede soos Napoléon III en sy eggenote, koningin Eugénie, aan Biarritz besorg het, was die dryfkrag agter die vinnige opswaai van die toerismesektor.

Die natuurskoon en die buitengewone ligging tussen die Atlantiese Oseaan en die Pireneë het van Biarritz 'n eersterangse vakansiebestemming gemaak wat steeds as een van die mees elegante strandoorde langs die Atlantiese kus van Frankryk beskou word.

Sy groot strand, die Grande Plage, was vroeër 'n belangrike verblyfplek vir Europa se adellike vakansiegangers. Die stad is derhalwe ook die "konings se strandoord" genoem. Talle huise, wat volgens die Art-Déco-boustyl ontwerp is, en 'n wye verskeidenheid luukse modewinkels het aan Biarritz die bynaam "Parys van die Suide" besorg.

Danksy die Amerikaanse draaiboekskrywer Peter Viertel en sy rolprent The Sun Also Rises het Biarritz met sy magtige branders sedert 1957 ook tot 'n eersterangse bestemming vir branderplankryers ontwikkel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne