Brielle

Brielle in '72 – renovasie van die sentrum, groei van die stad Brielle en sy geskiedenis (in nl)
Brielle

Den Briel
Stad
Die Sint Catharijnekerk
Die Sint Catharijnekerk
Vlag van Brielle
Vlag
Wapen van Brielle
Wapen
Ligging van Brielle in Zuid-Holland-provinsie
Ligging van Brielle in Zuid-Holland-provinsie
Kaart van voormalige Brielle-munisipaliteit
Kaart van voormalige Brielle-munisipaliteit
Koördinate: 51°54′N 4°10′O / 51.900°N 4.167°O / 51.900; 4.167
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Zuid-Holland
MunisipaliteitVoorne aan Zee
Oppervlak
 • Totaal11,26 km2 (4,35 vk. myl)
 • Land8,99 km2 (3,47 vk. myl)
 • Water2,27 km2 (0,88 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal13 903
 • Digtheid1 552/km2 (4 020/vk. myl)
Poskode
3230-3232
Skakelkodes0181
Webwerfwww.brielle.nl

Brielle () is 'n stad en voormalige munisipaliteit in Nederland. Dit is in die provinsie Zuid-Holland op die eiland Voorne-Putten geleë. Die stad het sowat 13 900 inwoners en 'n oppervlak van sowat 11 km². Naas die stad Brielle self het die voormalige munisipaliteit ook die dorpe Vierpolders en Zwartewaal bevat. Die voormalige munisipaliteit was deel van die Stadsregio Rotterdam en later van die Metropoolregio Rotterdam-Den Haag gewees. Op 1 Januarie 2023 is hierdie munisipaliteit opgegaan in die nuwe munisipaliteit Voorne aan Zee (die voormalige Brielle-munisipaliteit het 17 704 inwoners in 2022).

Die stad is aan 'n stuk van die Maas geleë wat afgesluit is en nou die Brielse Meer vorm. Die meer het hom ontwikkel tot 'n belangrike gebied vir ontspanning in die stedelike gebied rondom Rotterdam. Die Brielse Maas het langs die Brielse Gat[1] in die Noordsee uitgemond en dit het tot 1700 die stad Rotterdam verbind met die Noordsee. Hierna het dit toegeslik en het die suideliker Goereese Gat dié rol oorgeneem. Later is noordeliker die Nieuwe Waterweg gegrawe wat nou die kern van Rotterdam se hawe vorm.

  1. "Geschiedenis van de Maasmond" (PDF) (in Nederlands).[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne