Brood

Gesnyde wit- en bruinbrood
'n Franse witbrood
'n Bierbrood

Brood is 'n stapelvoedsel van kulture in Europa, Indië en die Midde-Ooste en word voorberei deur deeg te bak, te stoom of te braai. Brooddeeg bestaan uit ten minste meel en water; gewoonlik word daar ook sout bygevoeg asook 'n rysmiddel soos gis. Sommige brood bevat ook suiker, speserye, vrugte (soos rosyntjies, pampoen of piesangs), groente (soos uie of murgpampoen), neute, of sade (soos karwysaad, sesamsaad of papawersaad). Daar bestaan 'n enorm wye verskeidenheid brode, met voorkeure wat van streek tot streek verskil.

Vars brood word geniet weens die smaak en tekstuur daarvan en dit is belangrik dat brood vars moet wees om smaaklik te wees. Brood wat verouderd is, se smaak versleg en muf naderhand. Moderne brood word gereeld in papier of plastieksakke toegedraai of in lugdigte houers, soos broodhouers, geplaas om dit langer vars te hou. Muf word bevorder deur die brood in 'n warm omgewing te hou, maar 'n te koue omgewing, soos die yskas, sal veroorsaak dat die brood weer gou verouder.

'n Baksel brooddeeg vóór dit gerys het
Dieselfde brooddeeg as hierbo, ná dit 40 minute gerys het

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne